Ein Dankeschön von Familie Kotzé

Net ’n klein briefie om dankie te sê:

Van die dag wat ons vir klein Luca gekry het, is ons net met ope arms ontvang. Hulp is van wyd en ver aangebied en soveel liefde is aan ons betoon dat ons as gesin nie anders kan as om te floreer nie.

Met die innigste liefde sê ons dankie vir almal wat Luca se doop so spesiaal gemaak het. Dankie vir die lui van die klokke wat ons laat tuisvoel het, dankie vir die speel van die orrel wat weer vergete melodieë laat ontwaak het, dankie vir die vars blomme op die altaar sowel as die ongelooflik mooi doopring wat net so spesiaal was.

Pastor Klaus het ons weer laat verlang na die ou dae in Arcadia. Wat ’n seëning het hy nie van God oor ons klein Luca uitgespreek nie. Luca se doopkers is ’n aandenking wat met soveel liefde gemaak is en bewaar sal word.

Dankie vir koffie, koek, drukkies en gesellige gesprekke.

Die wete dat ons Pappa Alan en Mamma Sonja nie ver was nie, die vreugde en trots wat ons in nagedagtenis net op hul gesigte kon sien met die klein besige lyfie.

Dankie vir julle liefde, julle warm harte, jul vriendelikheid, julle opregtheid sowel as jul omgee. So sal ons altyd op Lüneburg kan tuisvoel.

Liefde
Die Kotzés (Ian, Imke en Luca)